Ask an expert
Question

26 Jul 2010

Interstitiele sistietis
Hallo dok

Ek het so ''n tydjie terug geskryf oor Amoxil(vir ''n tandabses) en hoe dit my blaas laat erg pyn het. Ek is 33 jarige man met intersti. sist. en hoe bloeddruk. So week en ''n half terug was ek by die uroloog oor die pyn in die blaas agv die antibiotika. Als was skoon by hom en hy sê  dis heel waarskynlik net irritasie.

Wel, so 5 dae terug het ek weer erg pyn begin kry in my blaas en my huisdokter het dit weer getoets. Sy het spoor bloed en etterselle gekry, en alhoewel ek huiwerig was om weer antibiotika te vat, het sy vir my Zinnat voorgeskryf 250mg bd. Hierdie keer neem ek reuteri en lp299v saam. Nou is my antibiotika op en my blaas nog altyd branderig asof ek infeksie het. Het dit nou net laat toets by die suster by die werk....geen infeksie nie...silwerskoon. Sy het gese dit kan ''n swam/gis infeksie wees, maar ek het geen uitslag of enige simptome behalswe branderigheid nie. My senuwees is op dok...ek was dan juis so versigtig met die probiotika. Hoe gaan ek weet as ek ''n swam/gisinfeksie het? Vrouens is seker meer vatbaar vir dit, maar nou is ek bekommerd dat hierdie inflammasie in die blaas dalk ''n gisprobleem is. Ek voel moedeloos. Moet ek teruggaan na die GP of die uroloog? Het jy enige raad?
Answer 2,557 views
Expert
CyberDoc
Cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Eugene
dit is baie onwaarskynlik dat jy 'n swam of gis infeksie in die blaas sal ontwikkel - dit sal eerder buite op die glans van die penis voorkom indien enigsins. Die brand van die blaas is nie noodwendig van infeksie nie, kan ook van inflammasie wees of partykeer is daar nie eers tekens van enige van die twee nie, en is dit amper meer 'n hipersensitiwiteit van die blaas. Disprin mag dalk vir die pyn help, en vir chroniese seer blaas kan mens ook 'n trisikliese antidepressant soos Tryptanol probeer - nie as 'n antidepressant nie maar omdat dit die pyn inpulse na die brein beinvloed en jou dan minder sensitief maak vir pyn.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17868 votes
Vote