Ask an expert
Question

11 Jan 2005

Jack-russel Wee Probleem!!!
Eh het n Jack-russel teefie, sy is 2jaar8md oud. Die probleem wat ek met haar is dat sy orals nat maak, dit kom al n lank pad saam. Party keer as sy op die bed le en slaap, dan piepie sy in die bed,ek het al gedink sy droom sy is buite dan doen sy dit in haar drome. Ek raas met haar daaroor en se sy is stout,belet haar dan n paar aande om nie by ons te slaap nie, kry haar jammer en laat haar toe om weer by ons te slaap.

Of sy doen dit in die huis. Ek gee 16h00 hulle kos vir hulle, en so teen 18h00 vat ek die water weg. Ek moes nou ook al my fontein wat in die huis staan bedek sodat sy nie by die water kan uitkom nie. Sy is baie lief vir water.

Dan vat ek hulle buite toe as ons eet en los hulle so n halfuur buite, en voor ons gaan slaap, vat ek hulle ook uit, maar dan sit sy en kyk jou aan asof jy mal is, en sy wil nie haar ding doen nie. Ek staan 5h00 in die oggend op en vat haar ook uit,sodat sy haar besigheid buite kan gaan doen.

Ons ander hond n pug, het nie sulke probleme nie, hy sal uit gaan en sy dinge doen, of anders knyp hy tot die volgende oggend en gaan dan uit.

Kan enige iemand my asseblief, raad gee ivm haar???

Dankie
MoedeLoos
Answer 893 views
Expert
CyberVet
cybervet

01 Jan 0001

U moet eers uitvind of sy dit willekeurig (moedswillig ) doen of onbewus( lekkende uriene). Uiteraard verskil die behandeling vir die 2 toestande. Die eerste word met gedragsopvoeding behandel terwyl lg met medikasie van u veearts behandel kan word. Observeer haar mooi en gaan sien dan u veearts.

Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17873 votes
Vote