Ask an expert
Question

23 Jun 2011

Kalorie&#235  en drankies
Hallo daar DietDoc,

Ek hou daarvan om op `n Vrydag aand `n paar drankies te geniet.... net sosiaal.

Watse drankie bevat min kalorieë , behalwe Whiskey en water?
Wit wyn bevat seker `n redelike klomp kalorieë  en ek moet dit seker vermy?

Baie dankie en groete.
Answer 4,102 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Beeeee
Alle alkohol verskaf 7 kcal of 29 kJ per gram, dus hoe hoër die alkoholinhoud, hoe meer kJ sal mens inneem. Daarbenewens moet mens ook onthou dat drankies soos whiskey, brandewyn, ens, in klein sopies gedrink word as drankies soos bier en wyn. Drankies met 'n bykomstige hoë suikerinhoud sal ook meer kJ verskaf as drankies met 'n lae suikerinhoud. Hier is die kJ-waardes vir standaard dranksoorte volgens die SA Voedseltabelle: bier het 'n alkoholinhoud van 6% v/v = 41 kcal of 172 kJ per 100 ml, maar mens drink gewoonlik so 300 ml = 516 kJ; soet sjerrie, port of muskadel 17% alkohol v/v = 137 kcal of 573 kJ/100 ml - maar mens drink gew. net 50 ml = 287 kJ; spiritualieë soos brandewyn, whiskey, vodka, ens, bevat 43% alkohol v/v = 249 kcal of 1044 kJ- maar mens drink gew. net 30 ml per sopie = 313 kJ; gemiddelde energie-inhoud van wyne (wit, rooi en rosé) 12% alkohol v/v = 71 kcal of 298 kJ/100 ml - maar mens drink gew. 150 ml = 447 kJ. Jy sal dus sien dat al die verskillende soorte alkohol bydra tot jou energie-inname. Die beste plan is om net 1 of 2 drankies per keer te drink, om die alkohol te verdun met water, sodawater of ysblokkies, en om net kunsmatig versoete koeldranke saam met spiritualieë te gebruik andersins stoot die koeldrank soos limonade of kola die energiewaarde ook verder op.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17879 votes
Vote