Ask an expert
Question

02 Mar 2003

Kan ek ovuleer al is daar nie menstruasie?
Goeie dag, is dit moontlik om te ovuleer al is daar nie menstruasie nie? Ek borsvoed tans (nou al 7 maande) en menstrueer nie. Ek wil weet of daar 'n moontlikheid van ovulasie kan wees? Ek vra omdat ek graag weer vir swanger raak, maar ek wil nie ophou borsvoed nie. Tweede vraag: my baba (7 mnde) het 'n loop neus en 'n ligte hoesie - ligte verkoue. Ek het neusdruppel (iliadin ) maar wil weet of daar iets is wat 'n mens kan gee sodat die slym kan opdroog?
Answer 1,790 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Charmain, dit is moontlik maar dis nie algemeen nie. Oor die algemeen word borsvoeding as nie genoegsaam vir kontrasepsie gesien nie, maar dit is dikwels effektief genoeg. Met ander woorde die kanse dat jy sal swanger word terwyl jy borsvoed is klein.
Die Iliadin® is veilig, maar ek dink nie jy moet somaar jou kleintjie se slym probeer opdroog sonder om ‘n dokter te sien en seker te maak dat daar nie iets ernstig verkeerd is nie. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9270 votes
No
66% - 17922 votes
Vote