Ask an expert
Question

12 Aug 2010

kanker
Dokter , ek wil weet of daar dalk een toets is wat ''n mens kan laat doen om enige soort kanker in jou liggaam op te spoor? Daar is soveel en so baie kankers in my familie dat ek nie elke toets sal kan laat doen nie, maar ek is bang ek los alles en dan is dit te laat.( My ma is in haar veertigs dood agv kanker en ek is ook nou in my vroee veertigs.)Help asb,dankie.
Answer 2,338 views
Expert
CyberDoc
Cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Karen
Nee, daar is nie 'n enkele toets nie. Mens kan egter jou familie geskiedenis met jou dokter bespreek en dan sekere dinge goed dophou. BV kankers wat in families loop is goed soos leukemie, borskanker, kolonkanker - daar is screening toetse wat mens daarvoor kan doen soos jaarlikse mammogramme, stoelgang toetse, volbloedtelling. Dan kan mens ook jaarliks kyk na moesies om velkanker te voorkom en papsmere neem om serviks kanker te voorkom. Sekere siektes verhoog jou kanse vir sekere kankers bv Hepatitis B en lewerkanker, peptiese ulcers en refluks vir maag en slukderm kanker, so jou dokter kan ook daarna kyk. Ek dink jy moet 'n jaarlikse volle mediese ondersoek ondergaan en jou vrese met jou dokter deel sodat julle saam kan besluit watter toetse die belangrikste vir jou sal wees.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17870 votes
Vote