Ask an expert
Question

15 Jul 2010

Kannie oefen
Ek is nie meer aktief nie aangesien ek n amputasie wan my regter onderbeen het en loop met n prostese. agv die prostese kan ek nie draf of ver loop nie. Ek eet ook nie in die oggendie nie en het n boep ontwikkel. Wat se oefeninge kan ek doen om meer aktief te wees sonder draf of stap?
Answer 735 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Willem
Ek is jammer om te verneem dat jy 'n amputasie gehad het. Ek sal aanraai dat jy met 'n biokinetikus gesels om te verneem watter oefeninge jy wel kan doen vir fiksheid en gewigsverlies. Swem (in 'n verhitte swembad nou in die winter) is een moontlikheid, maar laat die deskundige jou adviseer. Kombineer die oefening wat die biokinetikus sal voorskryf met gebalanseerde lae-vet, hoe-vesel-dieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') om algemene gewigsverlies te bevorder.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.