Ask an expert
Question

30 Nov 2005

KINDERHUIS KORT KONTANT
> KINDERHUIS KORT KONTANT ...
>
>
> 'n Noodkreet van die Abraham Kriel Maria Kloppers Kinderhuis
>
>
> Na 'n naweek tuis kom 'n 14-jarige kinderhuiskind verlede week by haar
> maatskaplike werker aan. Haar twee boeties, sê sy, kan nie langer by hulle
> ma bly nie. Daar is nie kos nie, hulle gaan nie skool nie en die jongste
> is
> vol bloukolle. Kan hulle ook kinderhuis toe kom? Die maatskaplike werker
> is
> in 'n dilemma. Sy tree in verbinding met 'n buite-organisasie om die saak
> te ondersoek. Maar kan die kinderhuis nou verantwoordelikheid neem vir nog
> twee kinders?
>
>
> Hoekom huiwer die maatskaplike werker?
>
>
> 1. Sedert September 2004 is die kinderhuis in 'n -|- antvloeikrisis:
>
>
> 2. Kinders wat opgeneem word is toenemend getraumatiseerd en het duur
> spesialisdienste nodig.
>
>
> 3. Arbeidswetgewing vereis dat werksure ingeperk word.
>
>
> 4. Vervoer word al hoe duurder weens 'n ou voertuigvloot, styging in
> brandstofpryse en die wyer verspreiding van skole namate kinders se
> spesialiteitsbehoeftes groei en omgewings waar ons werk agteruitgaan.
> Dieselfde tendens geld vir onderwys- en munisipale kostes.
>
>
> Staatbydraes het in 12 jaar 2 keer verhoog, en dek deesdae minder as 'n
> derde van die koste per kind.
>
>
> Nadat ons die vorige boekjaar met 'n tekort van R2.1 miljoen afgesluit
> het,
> is die tekort as volg bestuur:
>
>
> 1. Die reeds beperkte kosbegroting is met 2% gesny.
>
>
> 2. Vakatures en noodsaaklike nuwe poste is gevries.
>
>
> 3. Noodsaaklike kapitaalprojekte is gevries.
>
>
> 4. Salarisverhogings en bonusse aan personeel is gevries.
>
>
> Ons erken met dank die wonderlike bydraes wat ons huidige donateurs maak.
> Die kinderhuis het egter nou betekenisvolle hulp nodig uit meer oorde. Die
> bestuur is besig met 'n noodplan wat kan lei tot radikale afskaling van
> dienste. Die kanse dat 'n hartseer tiener se boeties uit slegte
> omstandighede verwyder sal word, verskraal by die dag.
>
>
> Geen enkele persoon kan die finansiële krisis bylê nie, maar as baie mense
> net 'n bietjie help, kan dit die krisis help ontlont. Wil u nie oorweeg om
> die koste van 1 keer se fliek of 1 keer se uiteet van 'n gesin aan die
> kinderhuis te skenk nie? Dit sal beslis 'n reuse verskil aan 'n kind se
> lewe maak.
>
>
> Die bankbesonderhede is as volg:
>
>
> Rekeninghouer: AKMK Kinderhuis
>
>
> Bank: ABSA
>
>
> Rekeningnommer: 140941336
Answer 795 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

,,,,,
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.