Ask an expert
Question

08 Aug 2011

Konjunktivitis
Ek wil graag weet wat is ''insluitings-konjunktivitis" . Ek drink Adco Roxy vir aknee. My seun het kroniese konjunktivitis agv allergiee. (hy is nou 17jr) Ek lees in die vou-biljet hierdie medikasie werk ook vir insluitings konjunktivitis. Sal hierdie pille hom nie ook kan help met sy oe nie? Dankie
Answer 2,449 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Annie

Ek stel nie voor dat jy jou medikasie met jou seun deel vir die behandeling van sy allergiese konjunktivitis nie. Sy toestand sal beter beheer word met die daaglikse gebruik van Spersallerg oogdruppels en 'n goeie antihistamien met 'n langdurige werking, soos Cetirizine. Ek stel voor dat hy 'n allergie spesialis konsulteer om te identifiseer waarvoor hy allergies is en dat die oorsaak van sy probleem aangespreek kan word.

Groete





Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.