Ask an expert
Question

31 Mar 2003

Krampe in my kop
Hallo

Ek is 'n 32 jarige vrou, ek ondervind vir die afgelope jaar geweldige krampe in my kop (soos wanneer mens iets kouds eet). Ek was 'n maand terug by 'n Neuroloog wat 'n MRI scan laat doen het, hulle het 'n paar klein wit kolletjies in my brein gekry. Die dokter het net vir my gesê dis 'n Atipiese migraine en vir my pille gegee (Lamictin) ek drink dit nou vir 'n maand elke aand, maar dit wil nie weggaan nie en ek gaan van my kop afraak. Wanneer ek die dokter se spreekkamer bel is hy altyd te besig om te praat. Al die artikels oor Migraine beskryf glad nie krampe soos wat ek dit ervaar nie. Wat dink jy dokter gaan hierdie pille help? Het jy dalk 'n ander diagnose?
Answer 2,131 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Lisa, van hierdie kant van die skerm af klink dit asof dit een of ander vaskulêre tipe hoofpyn mag wees. Dis egter baie moeilik om te sê wat die probleem is sonder om jou te ondersoek en toetse te doen nie. al wat ek jou kan bied is om jou ‘n artikel te stuur wat ek oor die mees algemeenste vorms van hoofpyn geskryf het. E-pos my by CyberDoc@mweb.co.za as jy belang stel. Miskien sal die beste wees om ‘n tweede opinie te kry by ‘n ander neuroloog. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.