Ask an expert
Question

19 Jul 2011

kroniese UTI nou weereens ''n probleem
Hi Doc,

Ons het nou intussen Australia toe verhuis (letterlik 1 week gelede) en ek sal nog graag hier by julle wil raad vra.

Ek het nou al vir afgelope 8 maande plus ''n kroniese UTI. Gister weer ''n reeks Urispass klaar gemaak maar ek is koorsig en nie lekker nie en nog erg infeksie.

Ons behoort so van middel Aug. ''n mediesekaart te kry en dan kan ek seker maar ''n dokter gaan sien, maar intussen: is daar iets wat ek hier over the counter kan kry?

Baie dankie,
Answer 793 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Cornel

Ongelukkig is daar nie effektiewe medikasie oor die toonbank beskikbaar om urienweginfeksie te behandel. Ek stel voor dat jy 'n dokter konsulteer vir 'n uriene ontleding om die spesifieke bakterie te identifiseer en sodoende die korrekte behandeling kan kry. 'n UTI met koors, dui gewoonlik op infeksie van die nierpype en niere. Dus is dit baie belangrik om so spoedig moontlik behandeling te ontvang.

Groete




Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.