Ask an expert
Question

01 Aug 2006

Krop van maag pynlik
1. My dogter is 16, het A-tipe persoonlikheid en kry verskriklike maagpyn by tye wat van korte duur is. Dit voel dan vir haar asof sy nie asem kry nie en kry dan baie warm. Sy kry verligting as ek haar hard op haar rug druk (agter die pyn). Wat kan dit wees? Dit is asof dit meer voorkom wanneer sy gespanne is, soos voor 'n toets of eksamen. Sy eet reg en gesond en vermy sterk kos.
2. Sy sukkel ook baie met krampe in haar bene en tone. Ek gee haar nou en dan sout popcorn of marmite toebroodjie, maar lyk my dis nie genoeg nie. Wat stel u voor?
Answer 1,365 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Elize
1. Vir die maagpyn kan jy haar 'n antisuur soos Mucaine gee wanneer sy dit kry. Een of ander tyd moet julle GP net kyk of sy nie maar die kameratjie moet sluk nie. Sy kan ook Zantac 75 probeer.
2. Vir die krampe kan jy haar CALMAG aanvulling gee en sy moet ook haar spiere strek voor sy oefening doen wat die bene betrek - soos draf bv. Mens kry die krampe van ooreising van die spiere of agv 'n tekort aan kalsium en magnesium.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.