Ask an expert
Question

01 Aug 2007

Kunsmatige Insiminasie
Haai Dr

Ek wil n vraag vra, maar is n bietjie skaam. Maar wil graag weet. Ek het Vrydag vir Kunsmatige Insiminasie gegaan. Was my eerste keer. En dan is ek boonop nog n maagd. Ek is al my dertigs en is bang ek ontmoet my man te laat om kinders te he. So ek het besluit om dit op die manier te doen. Soos ek se, ek het Vrydag gegaan vir dit. Ek het van Vrydag tot en met gister af n afskeiding en gister toe ek badkamer toe gaan, was my onderklere baie klam. Maar vandag is daar niks. Ek is baie stupid met die soort van ding. Wat kan die rede wees? En dan is my regterkant ook seer. In die area waar my ovary sit. Nie die heeltyd nie, net af en toe. Het dit iets te doen met die Insiminasie? Ek was Donderdag by die Dr vir my scan. Sy het gese ek sal eers Maandag ovuleer. Maar omdat ek moes weg gaan, het sy bloed getrek en gese ons kan dit Vrydag doen aangesien ek besig is om te ovuleer. Ek is nie baie gemaklik met my Dr nie, so wil haar nie vra nie. Miskien kan U vir my se wat aangaan...

Baie dankie vir U tyd...
Answer 1,740 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Bienks
As mens iets soos Clomid gebruik het, kan ovulasie seer wees, selfs normale ovulasie kan soms pyn gee - ons noem dit mittelschmerz en dit word veroorsaak deur die irritasie van die buik deur 'n bietjie bloed wat vrygestel word met die ovulasie ( wanneer die eiertjie vrygestel word bars 'n blasie oop om dit vry te laat)
Daar was waarskynlik bietjie saline of iets gebruik om die spermselletjies mee in die uterus te spuit en dit is dalk wat kon uitgelek het. Dit is nie iets om oor te bekommer nie.
Ek hoop dit werk en hou duimvas vir jou - laat weet my!
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9322 votes
No
67% - 18727 votes
Vote