Ask an expert
Question

27 Jun 2011

Lae bloeddruk
Goeie dag,

Is lae bloeddruk so gevaarlik soos hoe bloeddruk? Ek het gisteroggend met ''n geweldige hoofpyn wakkeer geword (wat niks vreemd is nie) en was lam en tam met geen krag die hele dag. Het later besluit om my bloeddruk te neem aangesien ek geneig is tot lae bloeddruk. Dit was 68/56!!!! Ek het dit later die middag weer getoets en was toe klein bietjie beter. Is daar enige medikasie wat mens daarvoor kan gebruik of moet ek ''n dokter gaan sien hieroor? Ek het dit al voorheen vir my dokter genoem maar hy het gese hy sal nie iets voorskryf voor hy nie 3 keer ''n lae telling geneem het nie. Ons het ''n bloeddrukmasjien en wanneer ek neem is my telling 4 uit die 5 keer laag.

Dankie en groete,

Susan
Answer 3,274 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Susan

Konsulteer 'n internis vir 'n 24 uur bloeddruk monitering. Dit is 'n bloeddruk meter wat aan jou arm gekoppel word en wat jy heeldag saamdra. Dit gee 'n baie akkurate meting van wat jou bloeddruk oor 'n 24 uur periode doen. Met hierdie inligting, kan jou dokter 'n baie beter indruk kry.

Lae bloeddruk is nie gevaarlik nie, behalwe as dit jou daaglikse aktiwiteite negatief beinvloed.

Groete



Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9267 votes
No
66% - 17859 votes
Vote