Ask an expert
Question

10 Nov 2006

Lae Bloeddruk & Yster Probleem
Hi Doc

Die afgelope drie weke sukkel ek verskriklik met moegheid en lae bloeddruk. Ek was by huisdokter omdat ek so moeg is en ook vermoed het my bloeddruk bly laag. My bloeddruk was 105/66. Sy het my toe gestuur om bloedtoetse laat doen. Dit het toe gewys dat my yster baie laag is. MCH telling was 9.0 gewees. Na 2 yster drips en ysterpille vir aanvulling voel ek nogsteeds baie moeg en lam. Ek weet ek het nog altyd effe lae bloeddruk gehad maar die probleem is dit bly so laag. Effortil help nie eens my hartklop op nie. Is daar iets anders wat ek kan gebruik want ek is al moeg om die heeltyd moeg te wees. Ek is redelik fiks - gym 3 maal per week en speel ook elke naweek golf. My eetgewoontes is ook nie sleg nie. Help asb??
Answer 7,570 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Moeg
Mens moet omtrent vir 1 maand lank yster pille drink om die HB met 1 punt te laat styg. Normale HB is 12. Dan moet mens ook kyk HOEKOM jy yster verloor - bloei jy erens in jou maag of derm of het jy 'n probleem dat jy nie yster opneem nie en ook vit B12 moet by gebruik?
Is jou EKG normaal of het jy dalk 'n onreelmatige hartklop wat die hart oneffektief laat werk?
Daar is alternatiewe vir Effortil - vra jou dokter om iets anders te probeer?
Het sy ook vir die ander goed getoets soos suiker en skildklier?
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9324 votes
No
67% - 18747 votes
Vote