Ask an expert
Question

26 Mar 2007

Leanor en Hartsiektes
Ek gebruik nou al vir 1 week lank LEANOR - pienk boksie. Ek het 'n floppy valve (Mitral) en was bang vir palputasies, ens. maar heelaas: geen newe-effekte! my pols was nog altyd 80, sonder LEANOR en my bloeddruk wat altyd te laag was (so 105/70) is nou 130/80 wat 'n gemaklike BP is en ek voel sommer lekker energiek waar ek altyd baie moeg is. Ek wil nou net weet: het die LEANOR enige nadelige effek op my hart - al kry ek nie die hartkloppings nie?
Answer 1,791 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Agie
Ek dink jy moet dadelik ophou om die Leanor pille te drink as jy aan enige soort hartsiekte ly. Die newe-effekte van epinefrien is ernstig en jy staan ook die gevaar om daaraan verslaaf te word. Bespreek tog asb jou lae bloeddruk en stadige polsslag met die dr wat jou vir die hartprobleem behandel, want daar is medikasies wat kan help vir lae bloeddruk en die dr behoort ook weer te oorweeg of jy nie dalk 'n klepvervanging moet kry nie as jy altyd so moeg is.
Wees asb baie versigtig
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9320 votes
No
67% - 18601 votes
Vote