Ask an expert
Question

22 Jul 2005

LEES ASSEBLIEF!!!!!
Help

Asseblief!!!! Ek het jou hulp nodig.

My vriendin, Daleen Smit, se seuntjie Juvan Smit, 10 jaar oud is baie ernstig in Bougainville Hospitaal in Pretoria. Hy het baie ernstige voorbidding nodig.

Hy was Dinsdag 19/07/05 by die naskool saam met sy maatjies, en die seuntjies het in die badkamers gaan speel. Volgens die kinders het hulle beurte gemaak, hulle het op die toilet geklim, en hulle self met hulle baadjies aan die diefwering vasgemaak om hulle nekkies, en gekyk wie eerste hulle self kan losmaak. Juvan kon nie los kom nie, die kinders het geskrik en weggehardloop. Ongeveer ‘n half uur later het hulle gaan kyk waar bly Juvan, en is gevind hy is nog steeds vas om sy nekkie aan die diefwering. Die naskool juffrou is geroep, maar Juvan was klaar bewusteloos. Sy ma is in kennis gestel, en hulle is met hom hospitaal toe waar hulle ‘n ‘brain-scan’ gedoen het. Juvan se brein het erge swelling, en sy longetjies het ook seergekry. Vandag, Donderdag 21/07/05, twee dae later, is hy weer vir ‘n ‘brain-scan’ gestuur, met die uitslag dat daar nog geen beterskap is nie, en dat die brein membraan besig is om toe te groei. As Juvan nie teen Dinsdag 26/07/05, wakker word nie, word hy breindood verklaar!!!

Juvan is die enigste kind. Daleen se eggenoot is 3 jaar gelede oorlede. Hulle het net mekaar. Met Daleen gaan dit glad nie goed nie!!

Sal jy asseblief vir al jou email vriende hierdie gebedsversoekie stuur? Ja-uris se dogtertjie staan so helder in my geheue voor my, en as God dit vir Ja-uris kon doen, en dit Sy wil is, kan Hy dit mos vir Juvan ook doen? Waar daar lewe is, is hoop!!

Ek hou jou op hoogte van sy vordering, ek glo God se doel hierin sal wel aan ons almal openbaar word. En sê Hy ook nie vir ons “waar twee of meer in My naam vergader, daar is Ek in julle midde” nie?

Dankie Barries,

Jesus liefde

Amanda Terblans
Answer 764 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

Thanks for your message. I'm sure everyone who reads it will feel huge sympathy for the mother in this tragic case, and will hope that things can still turn out well.
I can also share salama's concerns, about why it took the adult(s) in charge of caring for the children, so long to realize that one was missing ; as this case reminds us all of how important proper supervision of children can be, as their ideas of a "game" can be so unrealistically dangerous without them necessarily recognizing this.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9324 votes
No
67% - 18748 votes
Vote