Ask an expert
Question

08 Jul 2005

lewer telling ggt
Ek het `n bloedtoets laat doen vir n polis. My ggt lewer toets telling is 99 en my cholesterol is 6.5 nie vastend. Die lewer telling lyk vir my nogal hoog, maar desondanks is ek nie belaai op die polis nie. Ek kry inteendeel afslag. Wat is normaal en abnormaal. Wanneer moet ek begin bekommerd raak .
Answer 15,435 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Tjops, die feit dat jy nie vastend was maak die tellings meer aanvaarbaar (die normaal vir GGT is 11 - 49 U/L). ‘n Mens se lewer ensieme verhoog wanneer die lewer hard werk. Dit kan wees as gevolg van siektes, medikasie, alkohol misbruik, ens, maar dit mag ook so maak na ‘n groot maaltyd of ‘n paar pyn pille. Ek moet sê dat 99 vir my ook nogal hoog klink en miskien sou die beste wees om dit oor ‘n maand of twee te herhaal (ek neem aan jy het geen ander simptome nie). Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.