Ask an expert
Question

04 Aug 2011

Lewervervetting
Ek was by ''n kardioloog wat my so terloops meegedeel het ek het lewervervetting. Geen verduideliking, ek het nie ''n idee wat dit is nie. Is dit omkeerbaar en kan ek dit verander deur dieet of behandeling? Ek is oorgewig en probeer nou drasties gewig verloor, het ''n dieetkundige besoek en volg haar riglyne vir laevet en lae suiker inname dieet. Wat staan my te doen?
Dankie
Answer 3,250 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Marietjie
Ek is jammer om te verneem dat jy aan lewervervetting ly. Dit is waarskynlik sg. nie-alkoholiese lewervervetting wat deur verskeie faktore veroorsaak kan word, bv. 'n te hoë inname van fruktose (vrugtesuiker) en/of vet in die dieet, virusinfeksies, ens. Die toestand kan wel verbeter word deur die lae-vet en lae-suiker (insluitend vrugtesuiker) dieet wat jou dieetkundige voorgeskryf het. Gewigsverlies sal ook help. Dit is dus baie belangrik om die dieetkundige se raad stiptelik te volg en om al die dieetmaatreëls toe te pas. Hopelik sal die toestand sommer vinnig verbeter en sal jy baie gewig kan verloor. Doen ‘n soektog op die Health24.com Webwerf met “non-alcoholic fatty liver disease” om meer te lees oor die toestand.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9262 votes
No
66% - 17842 votes
Vote