Ask an expert
Question

08 Jan 2003

limf dreineering in lies. limf kliere verwyder. been swell, absesse vorm
my seun het 'n kanker gewas in sy linker lies gehad wat met 'n operasie verwyder is. In die
proses het hulle al die limfkliere verwyder wat gevolg het dat die been swel en vog opbou in die lies wat absesse tot gevolg het.

Die dokter wat die operasie uitgevoer het het 'n uitstekende taak verrig. 'n Ander dokter so
sy been amputeer maar dit is toe nie gedoen nie. Die dokter het ook gesê daar is ongelukkig niks wat gedoen kan word nie en nou dreineer die lies elke dag, en daar moet
'n wonddressing gedra word om te verhoed dat sy klere deurweek word. Hy moet nou maar
net met die situasie saamleef. Dit is baie ongemaklik.

Kan u my dalk na 'n ander dokter verwys wat dalk met limf dreineerings te doen het.

kontak nr 0823355287

Answer 5,064 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Ekke, die probleem is dat die limf nêrens het om na toe te gaan nie en daarom dreineer dit na die vel oppervlak. Dit mag moontlik wees om een of ander dreinering na die abdominale holte te bewerkstellig, maar ek kan nie sê sonder om hom te ondersoek nie. Die beste sal waarskynlik wees om ‘n vaskulêre chirurg te konsulteer en te kyk of hy nie kan help nie. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.