Ask an expert
Question

03 Jan 2008

lumbale diskektomie
hi

so 2 weke terug het ek geweldige pyn in my regterbeen, kuit, boud gehad asook die "pins en needles" gevoel in my regtervoet. ek het na die dokter gegaan en was eers verwys na 'n fisio maar na 'n paar sessies het ek egter besluit om 'n 2de opinie te kry. die dokter het my verwys na 'n ortopeed. 'n sensasie toets is gedoen, en ek kon skaars die prik van die naald in my voet voel, asook glad nie op my regter voet alleen staan nie. 'n MRI scan is gedoen en die dokter wou my na hy die resultate gesien het onmiddelik opneem vir 'n operasie, Lumale Diskektomie. ek kon egter agv omstandighede nie onmiddelik gaan en het die operasie met 'n week uitgestel. in die daaropvolgende week het ek egter soveel beter gevoel dat ek besluit het om nie vir die operasie te gaan nie. vandag het my dokter gebel en gese die gevolge kan selfs verlamming as gevolg he en in -|- ensie. ek is dringend op soek na 'n 2de opinie asseblief, help my! Ek het af en toe nog pyn maar dis regtig beheerbaar. Soos wat ek hier sit vandag kan ek nie glo ek sou vir 'n operasie moes gegaan het nie. Help my assebliuef, ek wil nie graag met my gesondheid speel nie, maar wil ook nie vir onnodige rug operasies gaan nie.
baie baie baie dankie
Answer 4,983 views
Expert
ChiroDoc
ChiroDoc

01 Jan 0001

Die feit dat u reeds verligting ondervind is goeie argument om nie sjirurgie op hierdie stadium te oorweeg nie. Ek hou nie van "skrik taktiek" om pasiente te oorreed om te laat sny nie. Raadpleeg gerus 'n chiropraktisyn vir nog 'n opinie.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.