Ask an expert
Question

03 Feb 2003

Maagseer??
My man het vreeslike sooibrand deesdae (al vir die afgelope paar weke) en sy keel is ook al seer vir 'n paar weke. Ek weet nie of dit dalk van die suur is wat opstoot nie. Hy het ook vreeslik baie winde. Ons het al al die medikasie wat jy oor die toonbank kan kry probeer, maar niks wil help nie. Wat kan ons doen? Wat kan dit wees?

Answer 1,167 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Bekommerd, dit klink asof hy dalk ‘n mantelvlies breuk het. Die beste sal wees vir hom om vir ‘n gastroskopie (kamera sluk) te gaan en ‘n definitiewe diagnose te kry. Vir tyd en wyl kan hy iets soos Zantac® oor die toonbank koop. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.