Ask an expert
Question

02 Aug 2011

mccain sweet potato chips
Goeiedag

Kan ek MCCAIN sweet potato chips eet op ''n dieet? Ek kan nie op die inligting op die pak agterkom of vet maak nie?

Baie dankie
Answer 915 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Hanlie
Patats is 'n uitstekende groente om te eet want dit het 'n lae vetinhoud, bevat geen cholesterol, het 'n relatief hoë veselinhoud en is ryk aan beta-karoteen (die voorloper van vit A). Daarbenewens is patats 'n lae-GI voedsel. Mens kan dus patats as staatmaker in enige lae-vet of lae-GI of verslankingsdieet gebruik. Wanneer die patats egter omskep is in skyfies, wat beteken dat hulle vooraf in olie gebraai is, dan sal die energie- en vetinhoud toeneem. Kom ons kyk: Ek het so pas nageslaan hoeveel energie en vet 'n 100g porsie van die MaCCain patatskyfies bevat, en dit staan op die etiket: 584 kJ en 7.8 g vet. As ons dit vergelyk met 'n patat wat in die skil gebak en dan geskil is, en net 433 kJ en 0.1 g vet per 100g bevat, dan is dit duidelik dat die patatskyfies baie meer vet en 150 kJ meer energie bevat as die gebakte patats sonder skil. Indien jy wel die McCain skyfies gaan gebruik, bak dit in die oond en nie in olie nie. 'n Riglyn om te kan sien of 'n kos 'n hoë vetinhoud het, is om te kyk of dit meer as 3gvet /porsie bevat (die porsiegrootte wat op die etiket aangegee word, is 100g).
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.