Ask an expert
Question

17 Feb 2003

MENIERE SIEKTE
MY MOEDER VAN 78 JAAR IS `N JAAR GELEDE GEDIAGNOSEER MET MENIERE SE SIEKTE. DAAR
IS `N PAAR VRAGIES WAT EK GRAAG ANTWOORDE OP WIL Hè. IS MENIERE SE SIEKTE OORERF-
LIK? SY KRY NOU GEREELD DIE VERTIGO AANVALLE. SY IS OP KRONIESE MEDIKASIE NL.
ROLAB CINNAZARINE WAT SY 1 OP `N DAG MOET DRINK. WANNEER SY DIE AANVALLE KRY DRINK SY ELKE 6 UUR `N ROLAB. MOET SY DIE ROLAB VERMEERDER? WAARDEUR ONTSTAAN
DIT? KAN DIT ERGER WORD? IS DIT `N SIEKTE WAT GENEES KAN WORD? MET `N OPERASIE BYVOORBEELD?
Answer 7,660 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Anoniem, ons is nie presies seker wat die oorsaak van Ménière’s is nie en ook nie of daar dalk ‘n genetiese komponent is nie. Basies word die toestand veroorsaak deur ‘n toename in middeloor druk. Soos die druk toeneem veroorsaak die stimulasie van die haarselle in die cochlea tinnitus en die in die vestibulêre apparaat veroorsaak vertigo. As die druk nog toeneem kan dit permanente skade aan die haarselle veroorsaak met doofheid tot gevolg.
Omdat ons nie weet wat die oorsaak is nie, is Ménière’s ‘n baie moeilike siekte om te behandel. Die vertigo word behandel met middels soos sinnarisien en sedeermiddels en ons beveel ook aan dat pasiënte sout en kaffeïen inname beperk. Vasodilatore, diuretika en chirurgie is soms ook ‘n opsie. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9323 votes
No
67% - 18743 votes
Vote