Ask an expert
Question

06 Aug 2010

Menstruasie
Hi dok, sommer met deur in huis val. Behalwe bloeddruk (atacand plus 16mg 1xmd, carloc 12,5mg 2x pd en 1.5 eltroxin pd) gaan dit baie goed. MAAR ek het Februarie 2010 my laaste menstruasie gehad en surprise surprise vanoggend hier is dit terug, dit het voorafgegaan met ''n geweldige hitte gisteraand, ek moes my somersnagklere aantrek. Ek het so 14-16mnde gelede papsmeer gehad - geen probleem, is dit maar die normale gang na die menapouse, kan die menstruasies so ver uitmekaar wees, dit beteken ou moet maar altyd GEREED wees? Dankie vir die hulp wat jy so gee, jy sal nie glo hoe dit ons ander help nie, net om te sien sommiges het maar dieselfde skete en kwale nie.
Lekker dag!
Answer 747 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Sarah

Dit is maar gewoonlik die geval met menopause, maar jy kan jou dokter vra om 'n vol hormoon profiel te doen. Hy/sy sal daarvolgens medikasie kan voorskryf om jou simptome te beheer.

Groete




Dr Anrich Burger
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9320 votes
No
67% - 18603 votes
Vote