Ask an expert
Question

08 Jul 2005

MERKE OP HANDE
Ek kry merke/kolle bo op my hande. Dit begin met 'n rooi merkie wat groter word, jeuk en soms seer is. Dit vorm later soos 'n kors bo-op. As dit weggaan los dit iets wat lyk soos 'n vlek. Dit kom nie net 1 op 'n slag nie dit gebeur deurentyd. Ek kan nie onthou wanneer laas ek hande gehad het met geen merk op nie. Die lokale GP së dit is 'n allergie vir skoonmaakmiddels maar ek het 'n bediende en is dit nie nodig vir my om my hande in water te steek nie. Ek sal bly wees indien ek raad kan kry al is dit raad ten opsigte van 'n spesifieke roompie wat ek kan gebruik. Dankie
Answer 1,305 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Andy, dit mag wees as gevolg van ekseem of ‘n kontakdermatitis (soos wat jou dokter vermoed). Skoonmaakmiddels is die mees algemeenste oorsaak, maar dis nie die enigste nie. Jy can ‘n kortisoon room gebruik, maar dit mag newe effekte hê en daarom sal die beste wees om ‘n dermatollog te sien en dit uitgesorteer te kry. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.