Ask an expert
Question

12 Mar 2003

METASTASERENDE LEIOMIOMATOSE
DOKTER DIE GEGEWE DIAGNOSE IS AS VOLG :34 JARIGE VROU MET UTERIENE LEIOMIOME EN
DIFFUSE BILATERALE PULMONALE METASTASERENDE LEIOMIOMATOSE.TOTALE ABDOMINALE
HISTOREKTOMIE EN BILATERALE SALPINGO-OOFOREKTOMIE IS GEDOEN OM MALIGNITEIT UIT
TE SKAKEL.

INDIEN MOONTLIK KAN U ASB BILATERALE SALPINGO-OOFREKTOMIE VERDUIDELIK ?
EK ERVAAR OP DIE STADUIM HEWIGE SPASMAS VAN RUG EN BORSSPIERE WAT DAN LEI TOT
BENOUDHEID. IS DAAR MOONLIK IETS WAT EK KAN DOEN TEEN DIE ONTSETTENDE MOEGHEID.

BAIE DANKIE KATHY
Answer 646 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Kathy, ‘n bilaterale salpingo-ooforektomie is wanneer hulle die ovarium en buis aan beide kante verwyder.
Ek kan ongelukkig nie sê of die metastases in die longe gaan aanhou groei nie, maar daar is definitief ‘n kans dat dit sal.
Die moegheid kan as gevolg van bloedarmoede wees en die beste sal wees om daarvoor te laat toets.
Ek is nie seker waarom jy die erge spasmas kry nie, maar dit mag wees as gevolg van iets wat op die senuwees en/of spiere druk.
Soos jy kan sien is my antwoorde baie non-spesifiek omdat ek nie al die detail betreffende jou geval het nie. Die beste sal wees om hierdie vrae aan jou spesialis te stel. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17861 votes
Vote