Ask an expert
Question

01 Feb 2003

MIXED CONNECTIVE TISSUE DISEASE
Dankie vir die info ivm bg - my navraag 9 des 02.
Kan u asseblief bevestig of ek die volgende reg verstaan?
Die siekte is ongeneeslik.
Dis nie oorerflik nie.
Gevolge van die siekte kan slegs behandel word met 'n "vet-makende" middel (ek't naam vergeet)
Skade behoort nie chirurgies behandel te word nie omdat wonde nie heeltemal herstel nie
Dames met die siekte kan nie swanger word nie.

Wat is so 'n pasiënt se lewensverwagting?
Watter tiep van spesialis behandel dit? Kan u een in SA aanbeveel? Kaapstad of Pretoria omgewing?

U moeite word waardeer.

Faan Bothma
Answer 944 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Faan, ek sal jou vrae antwoord soos jy hulle gevra het.
Die siekte is ongeneeslik. = reg, maar dis is behandelbaar.
Dis nie oorerflik nie. = reg sovêr ons weet.
Gevolge van die siekte kan slegs behandel word met 'n "vet-makende" middel (ek't naam vergeet) = kortisoon is soms nodig as die symptome erg raak. Minder erge siekte word dikwels beheer deur middel van aspirien, ander anti-inflammatoriese middels en anti-malaria middels.
Skade behoort nie chirurgies behandel te word nie omdat wonde nie heeltemal herstel nie. = reg as jy van die aantasting van die hande praat. Daar mag soms komplikasies soos bloeding ontstaan wat chirurgie mag benodig.
Dames met die siekte kan nie swanger word nie. = nie noodwendig waar nie. Hulle mag net sukkel om swanger te raak as die siekte aktief is.
Wat is so 'n pasiënt se lewensverwagting? Dit hang af van hoe oud die persoon is en hoe aggressief die siekte is in die spesifieke persoon.
Watter tiep van spesialis behandel dit? Kan u een in SA aanbeveel? Kaapstad of Pretoria omgewing? Jy kan ‘n rheumatoloog of ‘n internis sien. Ek kan mense in Pretoria aanbeveel, maar nie in Kaapstad nie. E-pos my by netdoc@mweb.co.za as jy ‘n verwysing na iemand in Pta soek. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.