Ask an expert
Question

25 Jul 2011

Moegheid
Ek is ‘ n 42 jarige vrou wat gedurig moeg is, veral in die oggende.
Ek het eers agter gekom dat sekere lekkergoed my moeg maak. Ek het die etikette nagegaan en almal bevat glukose. Deesdae is dit baie van die kosse wat ons eet, bv.
Pasta, rys, brood. Ek het toe die stysels uitgelos, maar deesdae is dit ook bulgaarse jogurt, blomkool, beet en beeslewer ens. Ek weet nie meer wat om te eet nie.

Ek het al verskillende soorte vitamin pille probeer, maar dit help ook nie.
Pary keer voel ek duiselig, en met tye kry ek die bewerasie.

Het u dalk vir my raad?

Ons bly 60 km van die naaste dorp en dis moeilik om by ‘ n dokter uit te kom.
Answer 1,499 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Alet

Ongelukkig is daar baie oorsake vir kroniese moegheid en dit moet goed ondersoek word, deur middel van 'n fisiese ondersoek en bloedtoetse. Daar moet veral gekyk word na toestande soos bloedarmoede, skildklier abnormaliteite en veral diabetes. Jou moegheid kan gekoppel wees aan jou dieet en dit is waarom suikersiekte beslis ondersoek moet word. Konsulteer dus 'n dokter so spoedig moontlik.

Groete





Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.