Ask an expert
Question

03 Jan 2008

Naskoolsentrum etes
Ek verskaf middag-etes aan nagenoeg 120 kinders (gr 1-7) wat by die naskoolsentrum bly tot ongeveer 5nm. Ek poog om binne die begroting (R6 per kind), die lae GI-konsep te volg. "Eet vir Volgehoue Energie (kinders)" is my handleiding en ek is 'n getroue "Health.com" verbruiker - verwys dikwels ouers met vrae oor kospakkies, ens, na u forum.
My spyskaart bevat 'n "Meal of the Day" (pastas, maalvleisgeregte, eiergeregte, hoender, visvingers, gevulde pitabroodjies of tortilla wraps, ens), maar 2 keer per week is daar op versoek van die kinders "junk food" (hotdogs, hoender- of hamburger). Daar is elke dag slaai en/of vrugte op die spyskaart, baie yswater in die somer en ook kunsmatige versoete koeldrank (begroting laat nie vrugtesap toe) om af te rond kry hulle 'n klein snoepie (ysies/ oatskoekies/yoghurt/klein chomp, fizzer, ens). 3nm is daar weer koeldrank, water en klein verversing. Vir diê wat weer honger is of van die sport kom is daar toebroodjies (bruin).
Ek lees in die media en ook in een van u artikels dat ouers druk moet plaas op skole om voedsame verversings by snoepies en naskoolsentrums beskikbaar te stel. Ek steun die gedagte 100% en werk hard daaraan om hieraan gehoor te gee. My vraag is - wat doen ek omtrent 'n klein persentasie kinders, wat aandring op hamburgers en hotdogs - dis gewoonlik ook hierdie groep wat geen vrugte of slaaie wil eet. Heelwat van hulle is op Ritalin.
Ek moedig hulle aan om ten minste 'n bietjie van die gesonde kos te probeer en vertel hoekom ons eerder die lae GI broodjie i.p.v. witbrood eet, van groot sportmanne wat pasta eet voor wedstryde, ens. Groot is die beloning dat die boodskap by baie van die kinders, inskop.
Baie dankie vir u waardevolle artikels.
Answer 4,854 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Marico
Ek is verstom oor wat jy alles met die kinders regkry - mooi gedaan! Die kwessie van die kinders wat aandring op hamburgers en 'hotdogs' is moeilik want dit weerspieël die feit dat hulle blykbaar geen leiding oor gesonde eetgewoontes by die huis kry nie. Indien moontlik, kan jy dalk met die ouers van daardie kinders praat of miskien sal dit help as jy 'n skrywe aan hulle rig waarin jy verduidelik hoekom jy sekere koskeuses voortrek en hoekom dit tot die voordeel van hulle kinders strek, veral dié wat aan hiperaktiwiteit ly. Jy verstaan die probleem so goed en stel dit pragtig, dus dink ek dat 'n brief aan die ouers wel kan help. Baie dankie vir die verwysings en die mooi dinge wat jy oor my artikels sê.
Sterkte vir die komende jaar - jy is beslis op die regte pad.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9326 votes
No
67% - 18786 votes
Vote