Ask an expert
Question

22 Feb 2003

Navraag oor medisyne
Die volgende medisyne is vir my pa voorgeskryf, sal u asb. vir my laat weet waarvoor dit gebruik word:
Lenamet, Metoclopramide, Moxypen, Amitriptyline, Theophyllin, Resmed Aluminium Hydroxide Bel B.P.

Ek gebruik gewoonlik Trileptal, Efexor 75 mg, Serzone, Zycam & pax. Ek is allergies vir Voltarin, Brufen, N.S.A.I.D. ens. My medisyne is met die volgende vervang deur 'n ander dokter:
Degranol, Indomethacin, Be-tabs Pyridoxine HCI. Ek wil graag weet of dit dieselfde uitwerking het, waarvoor dit gebruik word en of een van hulle dalk "lid" is van bogenoemde waarvoor ek allergies is.

Byvoorbaat dankie
Answer 8,528 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Ceceilia, Lenamet word gebruik vir maagswere, Metoclopramide vir naarheid en om maaglediging aan te help, Moxypen is ‘n antibiotikum, Amitriptyline word vir depressie en chroniese pyn sindrome gebruik, Theophyllin is asma medisyne wat longe “oop maak”, en Resmed Aluminium Hydroxide Bel B.P word vir sooibrand gebruik.
Degranol® is ook anti-epilepsie medisyne soos Trileptal®, maar dis nie dieselfde nie. Indomethacin is ‘n kortwerkende NSAID en Be-tabs Pyridoxine HCI is vitamien B6. Daar is niks wat dieselfde werk as Efexor 75 mg, Serzone of pax doen nie. Jou medisyne rekening het waarskynlik dramaties verminder, maar so ook die effektiwiteit daarvan. Miskien moet jy ‘n tweede opinie by ‘n ander dokter kry. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.