Ask an expert
Question

28 Jun 2010

Neus
Middag Dokter. Ek het so ''n jaar terug ''n harde hou op my gesig gekry. My neus was verskriklik seer en ek kon vir lank nie daaraan vat nie. Alhoewel my neus lig blou was het my oë  nie blou geword of geswel nie. Deesdae is my neus nie meer so seer nie maar dit lyk wel of my neus skeef is. Is dit moontlik dat dit gebreuk was? Dit voel ook of ek nie normaal asem kan haal deur my een neusvleuel nie. Ook voel die nooit of my bril meer goed pas nie. Die bril sit altyd ongerieflik. Ek het intussen al intussen ander brille gekry maar dit voel maar nog steeds asof dit skeef sit. Wie sal u voorstel moet ek gaan sien dat hulle dit kan probeer reg stel.
Answer 2,012 views
Expert
CyberDoc
Cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Hestia
Dis heel moontlik dat jy 'n skewe neusseptum het agv die besering. Gaan sien asb 'n oor neus en keel spesialis want 'n skewe septum kan chroniese sinus probleme veroorsaak.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.