Ask an expert
Question

04 Mar 2003

nier/nierpypie infeksie
hi doc

in junie/julie verlede jaar het ek nier/nierpypie infeksie gehad - so het my dokter gesê. daar was bloed & etter in my uriene asook tekens van e-coli. na 3 of 4 kursusse antibiotika en anti-inflammatoriese pille (en baie rande aan die patoloë) is ek toe weer op die been. ek vermoed ek het dit weer. ek het eenvoudig nie die krag of tyd om weer daardeur te gaan nie. antibiotika is regtig die laaste toevlug, want met die vorige sessie het ek 'n knou weg. ek wil weet of daar op hierdie stadium iets meer natuurliks is wat ek kan neem om die hele storie te vermy. (my dokter het gesê met hierdie tipe infeksie sal die neem van citrussoda dit net vererger.)
Answer 1,753 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Squirrel, daar is ongelukkig geen natuurlike produk wat ek met veiligheid kan aanbeveel nie. Die beste sal wees om ‘n midstroom urien monster (verkieslik die eerste urien van die dag) weg te stuur om jou diagnose te bevestig of nie. Dit sal ook sê wat die regte antibiotika is en dan behoort jy nie weer deur die hele ding te gaan nie. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9323 votes
No
67% - 18738 votes
Vote