Ask an expert
Question

05 Feb 2009

ONDERAKTIEWE SKILDKLIER (dringend asb!!!
Nadat ek geboorte geskenk het aan my pragtige dogtertjie 18 maande gelede en geborsvoed het, het ek binne 2 maande al my swangerskap gewig verloor. Toe daarna het ek alles net so vinnig weer opgetel, ek borsvoed steeds. Ek het my skildklier laat toets en het ek ' n onderaktiewe skildklier. Ek gebruik tans Eltroxin vir 2 maande sonder sukses. Die laaste 2 weke het ek en my man albei gaskoeldranke uitgesny en lewe ek net van sop, slaaie en vrugte en groente. My man het al 6 kilogram verloor en ek het 1 opgetel. EK is raadop, en raak al depressief hieroor. Nou lees ek van Teltroxin, moet ek dit saam gebruik of watter raad het u vir my. Ons gaan oor ' n maand see toe en wil ek nie met langbroeke en hempde daar rondloop nie. As ek nog 2 kilogram optel dan is ek 9 maande swanger. Ek het nog nooit ' n probleem met gewig gehad nie. Help my groot asseblief. Dankie
Answer 1,158 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste LC
Dit vat ongelukkig taamlik lank vir die hormoonaanvulling om te werk. Gewoonlik neem dit tot 3 maande. As jy nog geen verbetering sien nie na 2 maande, moet jy asb die dr wat jou vir die skildklierprobleem behandel. weer gaan spreek want dit is moontlik dat jou dosis aangepas moet word. Moet onder geen omstandighede peuter met self-medikasie want die skildklier is een van die belangrikste kliere in die liggaam - as iets daarmee verkeerd gaan, kan dit jou hele lewe beïnvloed. Ek dink nie dat jy jou dogtertjie van 18 maande nou moet borsvoed nie as jy so 'n minimalistiese dieet inneem, want jy sal 'n kalsiumgebrek opdoen. Probeer tog ook om elke dag aërobiese oefeninge te doen om jou metabolisme te help stimuleer.
Maar gaan sien asb weer die dr.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9324 votes
No
67% - 18751 votes
Vote