Ask an expert
Search expert health advice:
Browse by expert
- ADHD Expert
- Allergy expert
- Anti-ageing expert
- Asthma Expert
- Arthritis expert
- Breast cancer expert
- Cancer expert
- Cough Expert
- CyberDoc
- CyberShrink
- Oral health expert
- Depression expert
- Diabetes expert
- EnviroHealth expert
- Family law expert
- Fertility expert
- Flu expert
- GynaeDoc
- Headache expert
- Healthy Bones
Ongewone gewigs vermeerdering
Ek is 30 jaar oud en het ongeveer 5kg opgetel die laaste 3 maande. Ek oefen gereeld, maar bly net gewig optel. Ek is bekommerd hieroor, kan dit net hormone wees?
Beste Gina
'n Gewigstoename van 5 kg oor 3 maande (ongeveer 1.7 kg per maand), kan wel dui op 'n probleem. Mense tel gewig op a.g.v. baie faktore, bv: a) Verhoogde kos inname of verhoogde inname van kosse wat ryk is aan energie (meestal vette en verfynde koolhidrate soos koek, lekkergoed, ens); b) Waterretensie wat op sy beurt veroorsaak kan word deur 'n wanbalans in een van die sisteme van die liggaam (bv. niere wat nie reg werk nie, hormoonskommelings, uitputting van elektroliete a.g.v. oormatige waterinname, stres, ens); c) Inname van medikasies wat inmeng met gewigsbeheer soos antidepressante, hormoonpreparate, ens; d) Toename in spiermassa a.g.v. oormatige oefening - spierweefsel weeg meer as vetweefsel; e) Depressie wat buitensporige gewigsverlies of -toename kan veroorsaak afhangende van die individu se reaksie; f) Hormoonwanbalanse (skildklier, insulien of vroulike hormone). Dit is dus raadsaam om jou dokter te sien vir 'n mediese ondersoek, net om seker te maak dat daar nie 'n onderliggende probleem bestaan nie, wat jou so laat gewig optel. Indien jy wel aan stres of depressie ly, gesels ook met die dr daaroor. Onthou ook dat oefening of sy eie sonder 'n gebalanseerde verslankingsdieet, nie noodwendig gewigsverlies sal veroorsaak nie.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.