Ask an expert
Question

16 Aug 2010

onkunde ivm trombose
Goeiemore dokter,

Ek het 12 jaar gelede DVT gehad, wat pulmonale embolis tot gevolg gehad het.
Het nou vanaf Donderdag verskriklike beenkrampe gekry, en geweldige pyne in my bene. Toe die pyne nie bedaar nie, en ek naderhand amper nie kan loop nie, het ons my dokjter gister gebel. Hy het my summier laboratorium toe gestuur en n d-idimer toets aangevra. Die uitslag was 1.75. Hy het my nou op Warfarin 1 pilletjie per dag vir 5 dae waarna ek hom weer moet sien.
EK wil graag weet: wat beteken die 1.75, is die warfarin al wat nodig is vir die bloedklont, en wat is die beste posisie vir die been. M.a.w. mag ek rondloop, of is dit beter om redelik stil te wees met die been gelig? En wat is die kanse van n pulmonale embolis noudat ek met die warfarin begin het.
Baie dankie.
Answer 993 views
Expert
CyberDoc
Cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo D Dimer
Ek dink jy moet miskien tog 'n spesialis ook sien. Mens moet liefs nie 'n DVT diagnoseer net met 'n D Dimer nie - mens moet die been ondersoek en verkieslik 'n doppler ondersoek ook doen. Warfarin kan tot 'n week neem om stabiele bloedvlakke te bereik, so as dit 'n akute dvt is kan dit dalk nie dadelik beskerm nie. Mens moet vir 'n DVT ook 'n kous dra om die bloedvloei in die been te verbeter. As jy te stil sit kan dit die klont vorming aanhelp! Sjirurge behandel DVT alhoewel daar nie sjirurgie nodig is nie. Ek dink jy moet dalk 'n tweede opinie kry.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.