Ask an expert
Question

19 Feb 2013

onverklaarbare bloukol op kuit, pynlike knop aan binnekant
More Dr.
Ek is 37 jaar oud.

Ek het so 4 weke terug n verskriklike lelike pynlike en groot bloukol op my kuit gekry. Kan die kol nie verklaar nie, weet geensins dat ek myself gestamp het nie, daar is ook n klipharde knop redelik diep binne in my been, min of meer in die middel van die bloukol.
Die bloukol is nou amper weg, nog so liggeel kol, maar die knop aan die binnekant is nog daar en baie pynlik. Ook voel my been snaaks van my enkel tot by my knieg, pynlik en gevoelig en ek kry sulke steekpyne en dan soms so prikkelende en brand gevoel.

Bloukolle is vreemd vir my, nog nooit maklik blou geword as ek my stamp nie, die laaste jaar of wat kry ek egter gereeld bloukolle.

Wat op aarde kan dit wees ek is baie bekommerd.
Answer 5,787 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Charmaine

Ek stel voor dat jy jou dokter vir 'n ondersoek konsulteer om vas te stel of jy nie 'n diep veen trombose het nie. Dit is 'n bloedstolsel wat voorkom in die venes wat diep gelee is in die sagte weefsel van die kuit. So 'n trombose kan jou simptome verklaar, veral die pyn en swelling. Dit is belangrik om jou dokter te konsulteer, want as so 'n trombose los kom, kan dit 'n pulmonale embolis veroorsaak, met respiratoriese probleme.

Groete




Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.