Ask an expert
Question

04 Feb 2003

Onwillekerike Spier Sametrekking
Goeie Middag

Op n daaglikse basis, meestal terwyl ek besig is om in te sluimer, net voordat ek heeltemal
aan die slaap raak. Sal 1 partykeer 2 van my ledemate veral my bene se spiere saamtrek
vir n breekdeel van n sekond. Die sametrekking is so vinnig en kragtig dat dit partykeer voel
of my ledemaat letterlik van die res van my lyf, AFGERUK word.

Die tendens van wanneer dit die meeste voorkom, wat ek deur die afgelope paar jaar opgemerk
het, is meestal wanneer ek stadig besig is om meer ontspanne te raak. Soos net voor dat ek gaan
slaap. Volgens my meisie en vorige meisies, vind dit ook plaas wanneer ek slaap n paar keer
per nag. Soveel so dat my meisie wakker word soos wat die bed ruk. Dit het al gebeur dat selfs
ek wakker word, van die ruk beweging.

Wanneer ek wakker is, kan ek dit party keer voel aankom, die voor gevoel duur omtrent
1 sekonde, voor die tyd. In hierdie sekonde het ek geen beheer oor enige ledemaat nie.
My hele liggaam is totaal an al verlam. Dit is absoluut die einaardigste gevoel.

Hierdie ruk bewegings kom ook partykeer voor wanneer ek vreeslik hard konsentreer soos
byvoorbeeld, terwyl ek besig is om aan elektroniese toerusting te Soldeer.

Die mense by die werk skrik hul self spierwit wanneer hulle die ruk beweging sien. Dit gebeur
by die werk wanneer ek vir lang periodes dood stil sit, sonder om n vinger te verroer.
Wel dit sal wees, uit gewoonte wanneer ek sit en n oplossing vir n probleem uitwerk voor die
rekenaar. Dan sit ek vir 2 tot 3 minute bewegingloos voor die rekenaar, en rekenaar kode lees
en permutasies in my kop uitwerk.

Ek is n man van 32 jaar oud. Ek is einlik n gesonde mens, behalwe vir chroniese sinusitus.
Ek speel 2 keer n week muurbal, as ook eenkeer n week Golf. Ek stap gereeld.

Ek is nie n mediese dokter nie, maar ek vermoed dit is een of ander boodskap vanaf my brein
na die betrokke spiere op daai oomblik, wat die onwillekerige agresiewe ruk beweging
(Sametrekking) van die spiere veroorsaak.

Ek is op soek na n verklaring van wat my kondisie veroorsaak en waarom.

Baie dankie vir n tyd en moeite.
Groette
Dewald Meyer
Answer 9,447 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Dewald, dis waarskynlik net ‘n spontane ontlading van die senuwees en niks om oor te bekommer nie. Daar is natuurlik ‘n klein moontlikheid dat dit ‘n vorm van epilepsie is en die beste manier om dit vas te stel sal wees om ‘n EEG te laat doen. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.