Ask an expert
Question

01 Feb 2008

oopgebarste tone
My seuntjie van 4 kry al van laas jaar oopgebarste tone en ook op die brug van sy voet bars dit oop. Dit is baie pynlik. Ek het dit eers behandel met bactroban en toe skryf die dr kortisoon salf voor. Niks het gewerk nie. Is dit nie dalk 'n swaminfeksie wat met lamisil behandel moet word nie?. Die apteker noem dit kokkewietstone. Wat is dit?. Is daar enige ander effektiewe maniere om dit te behandel?
Answer 1,227 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Lerita

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek stel voor dat jy dit een keer per dag met Lamisil behandel, vir 'n periode van tien dae. Indien dit nog nie opgeklaar het nie, stel ek voor dat jy 'n afspraak met 'n Dermatoloog maak, sodat 'n vel skraap van die area geneem kan word. Sodoende sal julle 'n patologiese verduideliking vir sy toestand kan kry en met die regte behandeling kan begin.

Groete



Dr Anrich Burger
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9250 votes
No
66% - 17785 votes
Vote