Ask an expert
Question

23 Feb 2003

Oormatige sweet by tienerdogter
My dogter is 14, 1.75m lank en redelik swaar gebou, maar nie oorgewig nie. Sy ondervind 'n probleem met oormatige onder-arm sweet. Dit maak nie saak of dit warm of koud is nie en of sy gespanne of ontspanne is nie of oefen of nie. Die nat kolle is voortdurend onder haar arms, maar is nie onwelriekend nie. Ons het reeds alle sweetweerders en anti-perspirante probeer (selfs dié vir mans) maar met geen sukses nie. Sy het vanaf 10 tot 12 jaar geweldig vinnig gegroei en die sweetprobleem duur nou sowat 18 maande. Wat kan dit veroorsaak en watter behandeling stel u voor.
Dankie
Answer 1,218 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Tienerma, as ons aanneem dat sy nie oorgewig is nie, nie met ‘n skildklier probleem sukkel nie en dat sy ‘n goeie algemene gesondheid het, mag dit wees dat sy aan hiperhidrose ly. Dit is basies oormatige sweet as gevolg van ooraktiwiteit van die sweetkliere en dit kom gewoonlik op die hande, gesig, oksels en voete voor. ‘n Mens moet eers probeer om die oorsaak te bepaal voordat sy probeer om dit te behandel. Behandeling van die onderliggende probleem is baie makliker om te probeer behandel as die hiperhidrose self. As daar geen onderliggende oorsaak is nie, kan sy probeer om ‘n aluminium chloried bevattende antiperspirant (Drichlor®) te gebruik of om ‘n 20% aluminium chloried oplossing aan te wend aan haar oksels elke aand.
As dit nie werk nie kan sy Botox® inspuitings (paraliseer die sweet kliere) of ‘n operasie wat ‘n simpatektomie genoem word, probeer. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.