Ask an expert
Question

01 Jul 2011

osteo-artritis
Dag Dr.
Is onlangs gediagnoseer deur rumatoloog en ortopediese sjirurg met heup-bobeen bursitis, fibromialgie, shaimans disease, drukking tussen L5 ens. Kortisoon inspuiting in beide bene het geen verskil gemaak nie, pyne in heupe en bene konstant veral saans, bestuur en sit. Meds vir fibro na 2 maande gestaak agv newe effekte. Tramadol, tramacet, slaappille veroorsaak ook newe effekte. Drink nou 2x Stilpane oggend en saans wat hardlywigheid veroorsaak. Is ook hartpasië nt, 46 jaar en wil net ''n " normale "  lewe hê . U insette asb.
Answer 923 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Mieke

Ek stel voor dat jy daarop fokus om jou pyn so goed as moontlik te beheer en jy moet jou dokters daarvoor konsulteer of jy kan 'n pyn kliniek raadpleeg. Fisioterapie en arbeidsterapie sal nou van baie waarde wees.

Gespesialiseerde behandeling sal jy met jou dokters moet bespreek. Ek kan ongelukkig nie veel insae lewer nie, aangesien ek nie met jou volle mediese geskiedenis bekend is nie.

Groete




Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.