Ask an expert
Search expert health advice:
Browse by expert
- ADHD Expert
- Allergy expert
- Anti-ageing expert
- Asthma Expert
- Arthritis expert
- Breast cancer expert
- Cancer expert
- Cough Expert
- CyberDoc
- CyberShrink
- Oral health expert
- Depression expert
- Diabetes expert
- EnviroHealth expert
- Family law expert
- Fertility expert
- Flu expert
- GynaeDoc
- Headache expert
- Healthy Bones
Pap vet en vetverbranding
Waaruit sou ' n goeie vetverbrandingsdieet bestaan? Kan dieetkundiges vir ' n mens ' n goeie vetverbrandings- kombineer met n goeie gewigsverlies plan?
Ek oefen gereeld by ' n vroue alleen gimnasium en probeer sover moontlik gesond te eet en drink my kwota water per dag maar vind dat ek pap bly en die kos sommer dadelik tot vet omgeskakel word en aan my dye, heupe en maag aanplak. Ek is raadop!

Beste Leserin
Om eerstens gewig te verloor, is dit noodsaaklik om jou energie-inname te verlaag tot ongeveer 6300 kJ (1500 kcal) per dag en ook aërobiese oefeninge te doen om energie op te bruik en jou metabolisme te stimuleer. Dit is 'n goeie idee om 'n dieetkundige te spreek (besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind). Aërobiese oefening sluit in flink stap, draf, touspring, swem, fietsry, roei en dans. Ek twyfel of die oefening by die vroue alleen gimnasium genoeg op hierdie soort oefening konsentreer. Om spiere ferm te maak, moet mens dan ook met gewigte oefen. Gesels met die instruktrise by jou gimnasium en vra haar om vir jou so 'n program uit te werk (30 min aërobiese oefening plus 30 min werk met gewigte) en doen dit ten minste 4 keer per week.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.