Ask an expert
Question

14 Dec 2004

Paul: Jy is 'n draadsitter! - bang vir vrouens?
Ek dog die meeste mense is ook ten minste met verlof, lyk nie so nie.

Ek gaan nie uitbrei, herbevestig wat ek oorspronklik gesê het nie: die situasie wat geskets is deur die dame met haar seun is en bly onnatuurlik.

En ek word aangeval oor onder andere my posisie teenoor die dames geslag in die algemeen en my verhouding met my kinders? Waarvan wie die vaagset benul van het? Maar dit is een manier om die fokus te verskuif.

Ek het 'n wonderlike verhouding met beide my kinders: By beide se geboorte bygestaan, opgestaan en my deel gedoen betreffende doeke ruil en bottels gee. Nes ek my ouers tot met hul dood gesoen-groet het, so soengroet my seun my vandag nog (uiteraard my dogter ook). Na sy studies is hy oorsee waar hy in sy professionele rigting werk (nuwe sa se skuld), en is gelukkig daar, maar vakansies klim hy op die vliegtuig om na sy ouerhuis te kom, waarna ons almal elke keer rykhalsend na uitsien. Met my dogter het ek 'n fantastiese verhouding, haar lewensroeping is om haar medemens op 'n geestelike wyse te dien, ten spyte van haar sterk akademiese agtergrond wat haar 'n sukses in meeste beroepe waarborg. Haar verhouding met haar Ma is gesond, sit gereeld terwyl daar gebad word en gesels vroue-sake. (Ma en seun saambad? Asseblief!!!)
Deur hul skooljare was dit 'n voorreg/plesier/plig om langs alle sportvelde in Suid Afrika heen hul van skool tot op nasionale vlak te ondersteun, ook omrede ek weet hoe dit voel om daar te presteer en nie altyd die ondersteuning van 'n ouer daar te he nie.

My verhouding met dames! Puik. Ek het altyd groot respek vir my Ma gehad en vandag nog as ek 'n gryskop ou tannie sien, verlang ek na haar.
Maar nes mans kry jy dames wat uit lyn uit is.

My akademiese rekord? Hoekom word sulke dinge uitbasuin? Wetende dat die wat dit nie het nie, be-indruk/oorweldig/ge-intimideer word met sulke dinge, they are in awe!! (dalk aanvaar hul die nonsens wat kwytgeraak met sonder teestribbeling?). En hoekom, dis nonsens. Dis soos om finansieel ryk of arm te wees: daar is net soveel mense van edele inbors en opvoeding onder die armes as onder die rykes, onder die rykes kry jy net soveel scrap soos onder die armes. Akademiese geleerdheid maak nie van jou 'n beter mens nie, jou kennis verbreed en jy kry meer insig, in die proses raak jy dalk gedissiplineerd, maar ook nie noodwendig nie, dis wat in jou is wat tel, jou vormingsjare voeg daarby, maar dit wat in jou is, sal te voorskyn kom.

Soos anderdag gese, enige Ma en seun (8 -11 jaar van ouderdom, en ons doen dit tot hy eendag nie meer gemaklik daarmee voel nie??!!) wat mekaar nog kaal sien/saam bad ens. Dit kan nie normaal en reg wees nie. En as mens se jy is 'n nudis, (wat net so vreemd is vir my) dan is dit vir daardie rede amper aanvaarbaar, maar andersins, is dit nie 'n gesonde situasie nie. Maar mense is geneig om iets te ondersteun, as hul vir watter rede ookal, in dieselfde bootjie is.

Ek gaan nou verder vakansie hou. Cheers Paul. Geniet dit wanneer jy daarby uitkom.
Answer 825 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

,,,,,
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9326 votes
No
67% - 18776 votes
Vote