Ask an expert
Question

06 Dec 2012

Pofferige oe
Hallo Dr

Ek is 35 jaar oud, met geen allergie nie behalwe n tipe hooikoors/sinus die tyd van die jaar, gewoonlik jeukerige oe en hoofpyne veroorsaak. Ek het so drie weke terug opgestaan met baie pofferige oe, wat nie weggaan nie. Dis soos sakke onder my oe, wat ek nog nooit gehad het nie. Dit is asof my hele gesig water of iets terughou, want my gesig is nie so ''maer'' soos altyd nie. Al wat ek begin gebruik het, was Texa 10 vir die jeukerigheid, en ek het sedertdien opgehou om te kyk of dit die oorsaak was, maar die pofferigheid gaan nie weg nie. Niks het verander by my nie en ek kry genoeg rus en slaap. Wat kan die oorsaak wees en hoe kan ek dit probeer oplos?

Baie dankie

Tania
Answer 8,286 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Tania

Jy sal jou dokter vir 'n ondersoek moet konsulteer om sinusitis uit te skakel. Daar is wel ander redes vir swelling van die gesig, soos byvoorbeeld 'n kroniese allergie, 'n lae skildklier telling en selfs nierversaking. Dit is daarom belangrik om eerder jou dokter vir 'n ondersoek en bloedtoetse te konsulteer.

Groete





Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9250 votes
No
66% - 17789 votes
Vote