Ask an expert
Question

09 Feb 2009

porforie
Ek wil graag weet op watter ouderdom kan hulle toets of jy porforie het? Is daar sekere kosse wat jy moet vermy en wat is porforie in ' n kort beskrywing asb.
Answer 27,927 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Suzette
Mens kan op enige ouderdom daarvoor toets. Porfirie is 'n genetiese tekort van sekere ensieme wat mens nodig het om 'n stof te maak wat ons "heem" noem. Heem is deel van die rooi hemoglobien in rooibloedselle wat suurstof dra. As mens 'n tekort aan die ensiem het, bou die boustowwe ( voorlopers van heem) op in die liggaam en veroorsaak simptome ( daar is 8 verskillende tipes porfirie!) Die oortollige boustowwe kan reageer met sonlig en blase, swelling en jeukerige vel veroorsaak. Ander soorte gee akute maagpyn, krampe, naarheid, deurmekaarheid, verlamming, senuwee simptome en hardlywigheid.
'n akute porfirie aanval kan uitgelok word deur medisyne, rook, alkohol, hormone, lae bloedsuiker as jy nie eet nie, stress, son en infeksies. Nie kosse nie
Dr Bets


The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.