Ask an expert
Question

18 Mar 2007

Prolaktien
Graag wil ek weet wat is Prolaktien? Het oor die radio gehoor van pasient wat erge hoofpyne gehad het en hul het toe uitgevind dit is prolaktien. My dogter , 'n student, kry gereeld migraine, het al die toetse en scans laat doen maar vind niks verkeerd maar tog kry sy minstens 2 keer per week migraine aanvalle wat net help as sy 'n migraine mengsel van 7 tablette drink.

Baie dankie.
Answer 8,291 views
Expert
Headache expert
headache expert

01 Jan 0001

Beste Cilette,

Prolaktien is deur die pituitêre klier vervaardig. As die prolaktien vlakke hoog is, is daar ‘n moontlikheid dat daar ‘n pituitêre gewas is. Daar is ‘n eenvoudige bloed toets vir prolaktien. Maar as di migraine mengsel die pyn help, dan is daar min kaans dat daar ‘n pitiutêre gewas is.

Pille is ook nie die antwoord nie, want as hulle help, is dit net wanneer die pyn al klaar daar is. En in die geval van hoofpyn, veroorsaak die pynpille n toestand met die naam “terugslag hoofpyn”, waar die pille self die hoofpyn erger maak. Dit gebeur dikwels as die pynpille op n gereelde basis gebruik is, en veral met ‘migraine mengsels’.

As daar deur ‘n neurologiese ondersoek vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17870 votes
Vote