Ask an expert
Question

18 Feb 2003

Prolaktinoom
Dokter,

Ek is in my vroeë veertigs. Ongeveer 10 jaar gelede het ek gesondheids probleme begin ondervind. Gediagnoseer met Graves se siekte deur verskeie dokters en spesialiste en Hasjimoto deur ander. Dit het nooit werklik verbeter nie, net onder beheer geraak. Daarna is ek met 'n prolaps hartklep gediagnoseer, a.g.v. skildklier, asook 'n hartklop wat permanent te vinnig is. Verskeie beta blokkers is oor die jare geneem om dit te beheer. Die T-hormone het maar op en afgegaan en was nooit permanent gestabiliseer nie. Die afgelope 4 jaar sukkel ek met hewige hoofpyne, doodse moegheid, lyfseer, ens. Vir ongeveer die laaste 2 jaar het alles meer versleg. Ek kry gereeld pyn inspuitings. My oë raak bloedrooi gepaard met die pyn. Ek was al deur verskeie spesialiste met diagnoses van Migraine, tros hoofpyne, spanning, stres, ens. Verlede week het borsstuwing plaasgevind(ek het 'n histerektomie gehad in '95) en my GP het vir prolaktien getoets. Die telling was 1365. Blykbaar is dit nou 'n Prolaktinoom. Nou moet ek vir 'n week sonder enige medikasie bly sodat daar weer bloed toetse gedoen kan word. Kan jy dalk vir my inlig hoekom? Alle moontlike medikasie is al die afgelope 10 jaar in my keelgat "afgedwing". Wat my pla, is dat ek oningelig is, en nou heeltemal gatvol raak vir die situasie. Voor die borsstuwing was my plek amper reeds bespreek in 'n kliniek vir Psigiese probleme. Ek het in die begin van my probleme self nagelees oor die Endokriene kliere. Toe ek vra of die probleem nie dalk by die Pitiuêre klier lê nie, was die antwoord: "onmoontlik". Ek is selfs bereid om van dokter te verander indien daar more 'n operasie of iets nodig is om net my lewe weer normaal te kry. Selfs 'n kop oorplanting indien dit sal help.

Dankie.

Ella
Answer 2,581 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Ella, sekere geneesmiddels mag prolaktien verhoog en jou dokter wil net seker maak dat dit nie die geval is nie.
Dit klink definitief asof dit ‘n prolaktinoom mag wees en die beste sal wees om ‘n neuroloog te sien en waarskynlik ‘n MRI skandering te laat doen. Dit lyk in elk geval of jou dokter nou op die regte pad is. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17875 votes
Vote