Ask an expert
Question

28 Mar 2003

Protein en Groente dieet
Ek is tans op bogenoemde dieet - meesal proteine met groente - suiker en koolhidrate uitgesluit. Verloor uitstekend. My man het 1 April 2002 'n hartaanval gehad - is op Prava 40 mg. vir cholesterol. Ons eet meestal hoender en vis. Hy sukkel egter om gewig te verloor waar ek nou 'n week op die program is en 3kg. verloor het. Ek sny koolhidrate en suiker totaal uit.
Sal u aanbeveel dat hy ook op die program gaan. Dit sluit bv. hoender,vis, kaas, ham, rooivleis in met groente, slegs groen groente. Hy is op Prava, Concor, Coversyl en Ecotrin Medikasie.
Speel ek met vuur om hom ook op die program te plaas. Ons altwee wil u mening hieroor hê.
Sou u eerder sê koolhidrate is belangrik vir hom. Hy is lief vir Hawermout soggens. Ek wil hom net egter help om gewig te verloor maar wil hom nie benadeel nie.
Sy lengte is 1,78 en weeg 94 kg.
Answer 11,520 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Lietjie
Aangesien jou man se BMI tans 29 is, sal hy wel baat as hy kan gewig verloor. Sy ideale gewig is 74 kg. Omdat die hoe-proteiendieet ook hoog is in vet en cholesterol, moet jou man onder geen omstandighede so 'n dieet volg nie. Hy moet 'n lae-vet, hoe-vesel dieet volg (kliek op 'Diet' en 'Weightloss' en 'Slimming Diet' vir 'n voorbeeld) - hierdie dieet sal ook op die lange duur vir jou gesonder wees. Jy sal sien dat hawermour aanbeveel word in die lae-vet dieet. Mits sy dokter dit toelaat, kan hy ook ligte oefening doen, soos stap of swem, maar vra eers die dr.
Moenie met vuur speel nie.
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9270 votes
No
66% - 17924 votes
Vote