Ask an expert
Question

08 Jun 2011

Pyn
Hi Dr. Ek is 31 jaar oud, vroulik en rook al omtrent vir 11 jaar. Ek het twee dae gelede opgehou daarmee. Ek ondervind geweldige pyn in my linkerbors en net onder my bors (oor die ribbes). Die pyn gaan in my linkerarm in en ek ondervind ''n prikkelrige gevoel in my vingers. ''n Kardioloog het gesê  my hart makeer niks (hy het dit volgens ''n sonar bepaal). Die pyn is nie regtig konstant daar nie, dis gewoonlik afwesig in die oggend maar begin hier teen die middag se kant en teen die aand is dit regtig baie erg. Ek voel my hart klop en dit is pynlik. Wanneer ek uiteindelik aan die slaap raak en weer wakker word, is dit beter maar soos ek sê , dit begin weer gou in die dag. Help asb. Dankie
Answer 852 views
Expert
Cardiologist
Cardiologist

01 Jan 0001

Hallo Wendy

Veels geluk dat jy opgehou het met rook. Uitstekend! Maklik om te se, baie moeilik om to doen, maar van die beste dinge vir jou langtermyn gesondheid wat jy kon gedoen het.

Ek is nie absoluut seker wat is die oorssak van jou pyn nie, maar ons kan baie seker wees dit is nie hartpyn nie. Dit klink glad nie soos hartpyn nie, en hartpyn is baie onwaarskynlik op jou jong ouderdom, selfs in iemand wat tot nou toe gerook het.

Gaan sien asb jou dokter vir gemoedsrus oor die pyn, maar dit klink glad nie soos iets gevaarlik nie en miskien is dit gedeeltelik sigaret-onttrekkings simptome en sal vanself opklaar.

Weereens veels geluk!
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9267 votes
No
66% - 17861 votes
Vote