Ask an expert
Question

10 Aug 2011

Pyn in die gesig area
Hi dr,

Die afgelope 5 dae het ek n pyn in die regter kant van my gesig, die pyn is reg langs my oor in die kakebeen en dit is kort kort so n steek pyn dit is nou al so seer ek kan amper nie my nek buig sonder om die pyn te kry nie, dit voel amper soos erg tandpyn maar ek kan nie tandpyn he nie want ek het kuns tande. Kan dit oor ontseking of iets wees, ek het gewag dat die pyn weg moet gaan maar dit lyk my nie dit gaan weg nie en pyn pille help nie, ek het al stilpane wat n skedule 5 pyn pil is gedrink maar die pyn bly. Ek het ook kopseer en voel net nie lekker nie. gisteraand het ek skielik net naar en baie duiselig gevoel en moeg. wat kan ek gebruik dat die pyn weg gaan.
Answer 29,385 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Amme

Dit is baie belangrik dat jy jou dokter so gou as moontlik vir 'n ondersoek konsulteer. Trigeminale neuralgie is erge pyn wat veroorsaak word deur inflammasie van die vyfde kraniaal senuwee (senuwee wat die gesig van sensasie voorsien). Die pyn is gewoonlik onuithoudbaar en die regte behandeling moet gegee word om die simptome te verminder. Daar is geen medikasie oor die toonbank beskikbaar wat jou pyn sal verlig nie.

Groete





Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.