Ask an expert
Question

02 Aug 2011

pyn op die krop van die maag
Ek het die afgelope jaar met tusseposes vreeslike pyn op die krop van my maag wat deurgaan tot in my rug. Die enigste verligting is braking. Was egter in die hospitaal met my laaste aanval agv braking wat nie wou stop. Voel ook duiselig en naar. Kan die afgelope maand die minimum eet, meestel sop en roosterbrood. Voel ook vol meestal al het ek nie regtig geeet. Het vir sonar en g-scope gegaan maar geen fout kan gevind word. Ek is raadop, enige idees asseblief?
Answer 5,156 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Zenda

Die mees verklaarbare rede is irritasie van die maag, veral omdat jy noem dat jy slegs klein hoeveelhede voedsel kan inneem en omdat braking help vir die pyn op die krop van jou maag. Ek stel voor dat jy 'n tweede opinie by 'n algemene chirurg kry en die gastroskopie herhaal en ook 'n barium maal te laat doen.

Intussen stel ek voor dat jy Gaviscon Advanced voor etes gebruik. Vra ook jou apteker vir tablette om die naarheid te voorkom.

Groete





Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9247 votes
No
66% - 17731 votes
Vote